Hierdie artikel handel oor die dorpie in Suid-Afrika. Vir die Duitse stad, sien gerus Wuppertal.
Wupperthal Wuppertal | |
---|---|
Die Morawiese kerk op Wupperthal. | |
Koördinate: 32°16′27″S 19°12′33″O / 32.27417°S 19.20917°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Weskus |
Plaaslike Munisipaliteit | Cederberg |
Stigting | 1829 |
Gestig deur | Johann Gottfried Leipoldt |
Bevolking | |
• Totaal | 4 000 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Webwerf | www.wupperthal.co.za |
Wupperthal (ook Wuppertal) is 'n historiese dorpie met sowat 4 000 inwoners in die Cederberg munisipaliteit, distrik Weskus. Dit is geleë in 'n dal van die Sederberg in die Wes-Kaap, omtrent 250 kilometer noordoos van Kaapstad en 72 km suidoos van Clanwilliam.